KAROO NUUS - 'n Junior Landbouvereniging is weer vir die eerste keer in 20 jaar gestig.
Rikus van Dyk, raadgewer van die vereniging en ook 'n onderwyser by Hoër Landbouskool Marlow sê dat die doel van die vereniging is om Marlow as skool in die landboubedryf te adverteer en te verteenwoordig.
"Dit is ook 'n geleentheid vir ons seuns om by die volhoubaarheid van landbou betrokke te raak en om hulle voor te berei om vooruit te dink aan oplossings vir probleme in die landboubedryf," sê hy.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’