GRAAFF-REINET NUUS - Die Marais Steynhuis in Steynsburg se inwoners woeker graag in die tehuis se groot tuin.
Groente- en blomtuine word hier- en daar en oraloor aangelê, sonder enige spesikasies.
Dit is al vir jare die gebruik, en waar 'n tuinier wegval, neem 'n nuwe een oor en plant voort, saai, haal uit, verplant, snoei terug, sit nuwe potte by of verf die oues. Dit het tot gevolg dat daar voortdurende vooruitgang in die pragtige tuine is.
Familielede van inwoners en boervroue uit die distrik laai gereeld saailinge of steggies af en uit die kombuis land elke pit, ui wat begin groei en aartappel met lote ook in die tuin om die groente-oes vir die volgende seisoen te verseker.
Karen Kaltenbrünn, bestuurder by die tehuis, vertel dat die tuine sorg vir groot samehorigheid. Die tehuis se helpers sit ook handby waar nodig.
Selfs die ouetehuis se katte geniet die tuin wat tussen die twee vleuels aangelê is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’