Update
ABERDEEN NUUS - Die man wat Maandagaand, 3 Julie, op sy plaas in die Aberdeen-distrik in hegtenis geneem is vir verskeie ernstige strafsake soos mensehandel (vyf aanklagtes), verkragting (vyf aanklagtes) aanranding met die doel om ernstig te beseer, intimidasie en kinderarbeid, het vandag 5 Julie vlugtig in die Graaff-Reinet-landdroshof, vir 'n eerste verskyning, voorgekom.
Die staat het klaar aangedui, sou hy aansoek doen vir borgtog, dat hulle ten sterkste beswaar sal maak daarteen.
Die saak is verwys na die Aberdeen-streekshof waar die klagtes Donderdag 6 Julie aangehoor gaan word en die moontlikheid van borg vir oorweging ingedien sal word.
Hy by tans in aanhouding.
Vorige artikel: Boer van Aberdeen in hegtenis vir mensehandel en talle ander ernstige misdade
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’