GQEBERHA NUUS - 'n 39-jarige man is in hegtenis geneem op aanklagte van ontvoering en moord nadat die liggaam van Lithaliyanda Ntoni (12), wat sedert 24 Junie vermis was, Vrydagoggend, 27 Junie, gevind is.
Ntoni het haar huis in Luziphostraat, NU10, Motherwell, omstreeks 16:45 op 24 Junie verlaat om winkel toe te gaan.
Sy het nooit na haar huis teruggekeer nie.
Sy was geklee in 'n grys sweetpakbroek met 'n pers trui.
Volgens die Departement Korrektiewe Dienste se Oos-Kaapse vise-direkteur vir media en kommunikasie, Brigadier Nobuntu Gantana, het die polisie Ntoni se liggaam in die vroeë oggendure in bosse naby Khabonqabastraat, eenheid ses, gevind.
Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, generaal-majoor Thandiswa Kupiso, het sy diepe ontsteltenis oor die misdaad uitgespreek.
"Terwyl ons die vinnige inhegtenisneming in hierdie saak prys, het die brutale aard van hierdie kind se moord ons beamptes en die gemeenskap diep geskok.
"Ons het volle vertroue in ons ondersoekspan en die Nasionale Vervolgingsgesag om geregtigheid vir Lithaliyanda en haar familie te verseker," het Kupiso gesê.
Die ondersoek duur voort.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’