GRAAFF-REINET NUUS - Verlede naweek, 22 en 23 Maart, het die SA Tweekampkampioenskap in Oudtshoorn plaasgevind.
Negehonderd-en-tien atlete vanaf al die provinsies het deelgeneem.
Vier atlete van Laer Volkskool het die Oostelike Provinsie verteenwoordig en pragtige uitslae ontvang.
Twee van LVS se atlete was ook in die top 10 van Suid-Afrika!
Elmaré Naudé het ’n silwermedalje vir haar tweede plek in die dogters o. 11 gewen.
JJ van Schalkwyk het hard baklei vir sewende plek uit 90 o. 11-seuns.
Minke Marincowitz was 64ste onder die o. 13-dogters.
Ross MacLeod was 52ste by die seuns o. 13.
Hierdie leerders ontvang ook erekleure vir hul deelname aan ’n nasionale byeenkoms.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’