Update
OOS-KAAP NUUS - Die N9 deur die Lootsbergpas is oop vir verkeer nadat alle sneeu gesmelt het en daar ’n temperatuur van 7°C heers.
Die R61 oor die Wapadsberg is oop.
Dis ’n matige wintersdag met ’n temperatuur van 10°C aan die Cradock-kant van die pas en 12°C aan die Graaff-Reinet-kant.
Roetes na Nieu Bethesda is oop, hoewel sneeu nog in die veld sigbaar lê.
Die Lootsbergpas is oopgestel nadat dit gesluit was vir verkeer.
Foto: Departement van Vervoer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’