HOFMEYR NUUS - Hofmeyr Hugs op Hope het op 1 Januarie ñ groot kersfeesdonasie as geskenk ontvang. Die Lions Club van Pretoria het 1000 nuwe leesbrille aan dié instansie geskenk.
André Schoeman (Voorsitter) en Mariaan Schoeman (Sekretaresse/Tesourier) was vir hul kersfeesvakansie by hul kinders in Pretoria, en het op oujaarsdag ñ telefoonoproep van Patsie Fourie, verteenwoordiger van Lions Club Pretoria, ontvang. Hul kon die ruim donasie op Nuwejaarsdag in ontvangs neem.
Dié nuwe brille gaan vir alle swaksiende leerders in Hofmeyrskole nuwe hoop bring. Daar sal ook met die plaaslike klinieke saamgewerk word, en niemand sal ñ bril ontvang sonder die nodige mediese ondersoeke nie.
Daar sal ook brille allokeer word aan Senior Burgers in tehuise en daar is ook talle werkers betrokke by Hofmeyr Hugs of Hope wat probleme met swak sig ondervind. Vir Hugs se naaldwerkers is dit dikwels onmoontlik om voort te gaan met naaldwerk as hul nie meer die gare deur die masjien se naald kan steek nie.
Hofmeyr Hugs op Hope dra die gemeenskap van Hofmeyr se welstand op die hart, en reik ook uit na oud-inwoners wat na omliggende dorpe se aftree-oorde verhuis het. Hierdie donasie vanaf die Lions van Pretoria sal vanaf 11 Januarie in Hofmeyr en omgewing versprei word.
ñ Instansie vanaf Gqeberha, wat graag Anoniem wil bly, het ook aan leerders by die DRC Skool in Twinsville, Hofmeyr en alle Hofmeyr Senior Burgers ñ waterbottel geskenk. Ook hierdie donasie is baie welkom, veral aangesien daar dikwels waternood by dié skool ondervind word.
Die goedverpakte brille op pad vanaf Pretoria, na hul eindbestemming in Hofmeyr.
Lions Pretoria het die donasie geborg
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'