OR TAMBO NUUS - Die OR Tambo-distrikskommissaris, generaal-majoor Norman Modishana, het die lewenslange tronkstraf verwelkom wat Mervyn Stephen Lottering (48) opgelê is vir die verkragting van 'n 13-jarige meisie in Lusikisiki in Desember 2018.
Hierdie vonnis is op 12 Augustus in die hof op Lusikisiki uitgespreek.
Volgens Kaptein Welile Matyolo, mediawoordvoerder van die SAPD in Lusikisiki, is die 13-jarige slagoffer op 31 Desember 2018 aangeval en verkrag terwyl sy in 'n spazawinkel was.
Lottering is op 1 Januarie 2019 in hegtenis geneem, maar is later op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die hof het die mondelinge en forensiese getuienis aanvaar.
Lottering is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit en sy naam sal in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders (NRSO) opgeneem word.
Die OR Tambo-distrikskommissaris, generaal-majoor Norman Modishana, het die die ondersoekbeampte, sersant Qulu van die Port St Johns FCS-eenheid, geprys vir sy uitstekende werk en sy onvermoeide insameling van bewyse wat voldoende was om 'n skuldigbevinding te verseker.
"Dit is 'n les vir voornemende verkragters dat voorvalle van seksuele aanrandings op vroue en kinders nie geduld sal word nie.
Ons Eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings sal verseker dat alle geslagsgebaseerde gewelddadige oortreders aan die pen sal ry en dat geregtigheid sal geskied," het Modishana gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’