CRADOCK NUUS - Drie gimnaste van Cradock Voorbereidingskool het uitstaande prestasies by die onlangse ECGA Ritmiese Gimnastiek distriksuitdunne in Gqeberha behaal.
Lianke Kemp (vlak 3 o. 9) behaal :
Lint: 1ste plek – goue medalje
Knuppel: 2de plek – silwer medalje
Algeheel: 2de plek in haar ouderdomsgroep én 2de plek in Vlak 3 oor alle ouderdomme
Chae Smit (vlak 3 o. 9) spog met:
3de plek in lint – bronsmedalje
Knuppel: 3de plek – bronsmedalje
Algeheel: 3de plek in haar kategorie
Jana du Preez (vlak 3 o. 9) verwerf:
Lint: 4de plek – bronsmedalje
Knuppel: 4de plek – bronsmedalje
Algeheel: 4de plek in haar kategorie
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’