GRAAFF-REINET NUUS - Leerders by Cradock Voorbereidingskool het ook hierdie Oktober geleentheid gehad om hulle deel te doen vir kanker.
Op Vrydag 18 Oktober kon leerders tuisgemaakte hoede skool toe dra.
Die leerders het met uitmuntende planne en spoghoede opgedaag, en dit was duidelik dat baie ouers ook saam beplan het aan die kleurvolle hoede.
Kreatowiteit het geseëvier terwyl fondse vir kankersorg ingesamel kon word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’