GRAAFF-REINET NUUS - Leoné Mulder, bestuurder by Huis Welverdiend en haar personeel, het op 22 November saam met die inwoners uitgereik na die gr 7's van Jansenville Primêr.
"Huis Welverdiend het vir die leerders emosionele padkos gaan gee vir hul hoërskoolloopbaan," vertel Mulder.
Sy het met die dogters gesels en gesê dat 'n mens die regte keuses moet maak om bo uit te kom, terwyl sy talle voorbeelde van regte en verkeerde keuses aan hulle voorgehou het.
Leerders kon ook daarna nommers trek om 'n Christenboek te kies.
"Elkeen van julle het 'n volwaardige plek en elkeen is uniek," was haar boodskap.
Inwoner ds Willie Smith het die seuns op hul hoërskoolreis gestuur met die boodskap dat 'n mens drome moet hê om na te streef.
Smith het Siya Kolisi as voorbeeld gebruik, wat uit 'n plakkerskamp sy hoogtes bereik het.
Wendy Pretorius het voortreflike geskenkpakkies saamgestel wat aan elke leerder oorhandig is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’