GRAAFF-REINET NUUS - Die spanne van Hoër Volkskool het op Saterdag 31 Mei deelgeneem aan 'n opwindende sportdag teen Hoërskool Aliwal-Noord.
Die oggend het begin met 'n vars Karoobriesie en het later plek gemaak vir warm son én warm Volksie-prestasies!
Rugby-uitslae:
- o. 14A speel ’n gelykop wedstryd van 22-22
- o. 15A HVS wen oortuigend met 41-3
- o. 16A HVS wys vasberadenheid en wen 14-7
- HVS 2de span wen 27-22 in ’n spannende wedstryd
- HVS eerste span triomfeer met ‘n uitstekende 57-0 oorwinning.
Hokkie-uitslae:
- o. 16A HVS wen 7-0
- HVS derde span wen 2-0
- HVS tweede span behaal ’n puik 8-0 oorwinning
- HVS eerste span sluit af met ‘n dominante 6-0.
Netbal-uitslae:
- Die o. 15A-span van HVS het met ware deursettingsvermoë en spanwerk hul wedstryd 19-17 gewen, en dit was ’n hoogtepunt van die dag/
Hoewel sommige van HVS se ander netbalspanne uitdagings op die baan beleef het, het hulle steeds geveg met trots en gees:
- HVS o. 15B het teen Aliwal-Noord se o. 16B-span gespeel en Aliwal-Noord wen 8-6
- HVS o. 16A gee hul alles teen ’n sterk span van Aliwal-Noord en verloor 9-34
- HVS 2de span verloor 6-29
HVS 1ste span sluit die dag af teen ’n kragtige teenstander met ’n 17-40 uitslag
Dank gaan aan Aliwal Noord Hoërskool vir ‘n sportdag wat in goeie gees plaasgevind het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’