GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool se gr. 10-landbouwetenskapleerders het die Camdeboo Privaat Natuurreservaat onlangs besoek.
Die baanbreker- herlewing- en bewaringspesialis, Johan Bouwer, het die leerders tydens ’n interaktiewe opleidingsessie in veldrehabilitasie en veldbestuur omtrent aan sy lippe laat hang.
Sarah Cromhout, ook ’n spesialis in veldrehabilitasie, het die leerders in die reservaat uitgeneem en gewys hoe rehabilitasiestrategie¨e prakties uitgevoer word.
Bouwer en Cromhout is van mening dat ’n goeie herlewingsbenadering tot veldbestuur ’n blywende impak op die produksiewaarde van boerdery in die geheel het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’