CRADOCK-NUUS - Groepe gr. 7-leerders vanuit verskeie skole in Nxuba (voorheen Cradock) het op 23 September die Nasionale Bergkwaggapark buite dié dorp besoek.
Die leerders het per verskeie busse na die park gereis.
Hulle is daar op ritte geneem en kon ook heerlik piekniek hou en meer oor die verskeie wildsoorte en ekologie- en erfenisbewaring leer.
Hierdie jaarlikse program word deur die Inxuba Yethemba-munisipaliteit geborg, en daar word gepoog om leerders uit verskeie agtergronde aan al die historiese en toerismefasiliteite in en rondom die dorp bloot te stel.
“Die afgelope Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek [waaronder die bogenoemde geleentheid geval het] het goed afgeloop,” deel SANParke mee.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’