ROBERT SOBUKWE DORP NUUS - ’n Leerder van Laer Volkskool Graaff-Reinet, Arné Ooshhuizen, het sy skool en dorp trots gemaak toe hy drie medaljes by die Ring Contact Fighting Arts International (RCFA) Ope Wêreldkampioenskappe losgeslaan het.
Hy het ’n goue medalje in die afdeling volle-kontak boks ontvang, ’n silwer medalje in half-kontak hoë skoppe en ’n silwer in semi-kontakboks.
Die 13-jarige het van 3 to 5 April by die Emerald Casino in Vanderbijlpark aan hierdie kompetisie deelgeneem.
Sy ouers is baie trots op sy prestasies en wil graag al die borge bedank wat telkens met groot entoesiasme bydra om dit vir hom moontlik te maak om deel te neem.
Arné neem weer op 23 Mei aan die EP Classics in Despatch deel, waar hy aan gemengde vegkunskompetisies gaan deelneem.
“Ons kyk weer in die oë van borge om die volgende uitdaging vir hom moontlik te maak,” sê sy ma, Antoinette Hart.
Sy kan by 073 390 7135 gekontak word indien enigiemand hom wil ondersteun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’