CRADOCK NUUS - By Cradock Voorbereidingskool het die langste gr. 3-leerder, 153 cm lank, langs die kortste gr. 1-leerder, wat net-net aan 101 cm raak, gestaan, en gesorg vir 'n treffende foto!
Weer 'n bewys dat die wet op gemiddeldes, bloot net gemiddeld is.
Maar as daar nou een feit soos 'n paal bo water staan, is dit dat leerders tot hul maksimum vermoëns by die skool groei. Groot treë of kort treetjies, almal tel en maak 'n verskil.
Ruben Coetzer (gr. 3), op 'n indrukwekkende 153 cm, troon behoorlik uit bo die dierbare klein, Ella Fortuin (gr. 1), wat net-net 101 cm lank is. Foto: Cradock Voorbereidingskool
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’