CRADOCK NUUS - Groot opgewondenheid het verlede Woensdag geheers onder die seuns van Hoër Landbouskool Marlow toe hulle vroegoggend vanaf die skool vertrek, vergesel van hul gelukbringer, Wolram.
Die afwagting onder die gr. R en RR-klassies van Fanie Theron Pre-primêre Skool was net so groot toe die bus in hul skoolgronde stilhou.
Die seuns van Hoër Landbouskool Marlow wou graag die 100ste verjaarsdag van Afrikaans by die pre-primêre skool vier waar baie van hulle self in gr. R en gr. RR was.
Hulle het die kleintjies behoorlik vermaak met storievoorlesings - video's wat in verskeie klasse geneem is, spreek van die kleintjies se genot en waardering.
Wolram was natuurlik oral die groot gunsteling.
Almal het dié Groot Afrikaanse Verjaarsdag behoorlik geniet!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’