Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Baie min kinders kry vandag nog die geleentheid om met plaasdiere in aanraking te kom.
Op skool leer hulle van ramme, ooie en lammertjies wat blêr, maar 80% van die moderne kind het die diere nog nooit werklik gesien of hulle geluide gehoor nie.
Verlede week het Flippie Ehlers, een van die skool se ouers, die Weppie Preppie-kleuterskool in Graaff-Reinet besoek met van sy hanslammers.
Die skool se kleuters is die geleentheid gegee om die lammers met ‘n bottle te voer en om die skattige diere te vryf.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'