GRAAFF-REINET NUUS - Leerders, onderwysers en inwoners van Graaff-Reinet het op Lentedag op gepaste wyse van 'n geliefde onderwyseres Anelle Thomson afskeid geneem deur tientalle gekleurde linte, ballonne en blomme by die heining voor Laer Volkskool op te hang.
Die skoolhoof, Deon Joubert, het dit in 'n Facebook-boodskap mooi saamgevat deur 'n versie uit Spreuke 31 aan te haal: "As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde."
En afgesluit met:"Ons gaan haar ongelooflik mis. Haar plek is leeg."
Foto: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'