GRAAFF-REINET NUUS - Die televisieprogram Kwêla kom maak 'n draai in die Karoo! 'n Span sal Donderdag, 13 Februarie, in Graaff-Reinet arriveer om 'n onderhoud te voer met Maxwell Jaftha vir 'n spesiale insetsel.
Die Advertiser het in Januarie vertel hoe Jaftha en sy span unieke fietse bou en hoop skep in hul gemeenskap. Die span sal ook by The Village in Graaff-Reinet vir Kwêla wys hoe dié fietse gebou word.
Na die opwinding van voor die kameras wees, sal die span na Camdebo Spar vertrek, waar plaaslike stalletjies vir hulle sal wag.
Dit is nog nie bekend wanneer die program uitgesaai sal word nie.
Maxwell Jaftha is trots op dié projek.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'