GRAAFF-REINET NUUS - Kunstenaars van Graaff-Reinet en omstreke word genooi om deel te neem aan die Rupert Museum se derde ope uitnodiging by die Jan Rupert-kunssentrum.
ñ Ope kunsuitstalling word vir Februarie 2025 beplan by die Jan Rupert Kunssentrum in Graaff Reinet en die sluitingsdatum vir inskrywings is 3 Januarie 2025.
Sedert 2019 word hierdie ope-uitnodigings bekendgestel. Hierdeur skep die museum ’n platform vir bekende, nuwe en opkomende kunstenaars. Werke wat gekeur word, sal deel vorm van ’n groepuitstalling by die Jan Rupert-kunssentrum vanaf Februarie tot September 2025.
AbstRacT - the hidden synchrony, ñ deel van die versamelings van die Huberte Goote-kunsstigting en die Rupert-kunsstigting, is die inspirasie vir die jaar se uitstalling.
Fotografiese werke van die Sweedse fotograaf, Oscar Forel, waar Forel foto's van boombas van regoor die wêreld uitstal vorm die basis van die 'Syncrony'. Hierdie foto's vorm abstrakte kunswerke waarin bekende vorme en assosiasies met bekende kunswerke gesien kan word.
Vir die kompetisie is die keuse van medium oop vir die kunstenaar en kan ook gemengde media wees. Die riglyne word uiteengesit op www.rupertmuseum.org.
AbstRacT - the hidden synchrony is die enigste uitstalling tot Januarie 2025 by die Jan Rupert-kunssentrum. Besoek ook gerus die Hester Rupert Kunsmuseum in Kerkstraat, Graaff-Reinet. Hier word oor die 120 kunswerke in die vyfde oudste kerkgebou in Suid-Afrika vertoon. Hierdie is ñ besonderse seleksie van kunswerke deur 20ste-eeuse Suid-Afrikaanse kunstenaars.
Belangstellende kunstenaars kan navrae rig aan opencall@rupertmuseum.org of telefonies by 021 888 3261
Kunswerk by die Rupert-museum.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’