CRADOCK NUUS - Die gemeentelede van Cradock Noord se NG Kerk is diep ontsteld nadat booswigte, of “naglopers" soos hulle die vandaliste noem, deur die loop van die nag die glasvensters van die kerk stukkend gegooi het.
Nadat die vandalisme vanoggend, 3 Oktober, bekend geword het, het talle inwoners hul misnoë te kenne gegee.
"Dis tyd dat die aandklokreël weer ingestel word, en polisie moet die misdadigers eenvoudig plat duik, dis al hoe die probleem opgelos kan word," sê Petrus Plaatjies, ‘n gemeenskapsleier in Cradock.
Die gemeenskap van Michausdal het ook reageer en Sharon Hufkie vertel dat die Katolieke Kerk in Michausdal ook in September gevandaliseer is. Nie net het die vandaliste die Katolieke Kerk die vensters stukkend gegooi nie, maar hulle het ook 14 sakke sement en ander items uit die kerk gesteel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’