GRAAFF-REINET NUUS - 'n 15-jarige kind, volgens inligting 'n seun, is so ernstig aangerand dat hy mediese sorg nodig het wat nie in Graaff-Reinet beskikbaar is nie.
Die seun is vanoggend hospitaal toe geneem deur 'n EMS Relay ambulans, maar die AMS-reddingshelikopter is dadelik laat kom.
Die helikopter het die seun, wat blyk in 'n koma te wees, op die Graaff-Reinet-helipad opgepik en na 'n hospitaal in Gqeberha gevlieg.
Die omstandighede rondom die aanranding is onbekend. Die hoof van patalogie en die lykshuis, Jacques Wagner het uitgewys dat die helipad, wat reg langs die lykshuis is in 'n baie swak toestand is.
Die terrein behoort aan die department van gesondheid, maar die helipad self is 'n privaat gemeenskapsprojek as 'n diens aan Graaff-Reinet en omstreke se mense. Daar is glo geen windkous nie en die helipad is oorgroei.
Wagner het 'n beroep op sakelui en die gemeenskap gedoen om hande te vat om die helipad op te knap sodat die lugreddingsdiens kan voortgaan.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'