GRAAFF-REINET NUUS - Die Kamdeboo Khoikhoi gowab |hoas, oftewel die Khoikhoi-taalbyeenkoms, het van 29 tot 31 Oktober by Denver's Place in Graaff-Reinet plaasgevind.
Die doel van die |haos, of byeenkoms, was om 'n geleentheid te bied aan die plaaslike Inqua Khoi-gemeenskap om Khoikhoi, die eerste taal van Graaff-Reinet en die Oos-Kaap te leer.
Dis aangebied deur die Munanai Hoatsama of Collective wat aktief betrokke is by die +khai+khai of wakker maak van Khoikhoi, die eerste taal van die land.
Die naweek het ingesluit gowab ¦kha¦kha sisen of taalsessies waar deelnemers kon leer van tawedes, wat groete is, en gangans, wat dankie is in Khoikhoi, maar ook hoe Khoikhoi kan ¦ui of groei in die Kamdeboo streek.
Van die vele hoogtepunte van die naweek was die teenwoordigheid van Rosaline Isaacs van die Kroonvale-biblioteek, wat op Erfenisdag 'n uitstalling by dié biblioteek geloods het en waarvan die Khoikhoi Useful Phrases and Words-boek deel van kon uitmaak.
Kaise kai gangan aan almal wie hierdie |hoas moontlik gemaak. 'n Groot dankie aan Katelin Carolus, Leonie Kok en voormalige burgemeester en gaob, Daantjie Japhta van Graaff-Reinet, wie mense gemobiliseer het na die |haos.
Dankie ook aan almal by die Munanai Hoatsama of Collective, Wilhelmina van Dyk, Susan Meiring, Jeffrey Oarasib Hartzenberg, Jamie Lee- Adendorf en Bianca Rooi wie se hulp krities was vir die sukses van ons |hoas en bowenal dankie aan die borg, die Triangle Project wie se bystand ons grootliks gehelp het.
Vir meer inligting of as jy die Khoikhoi Useful Phrases and Words wil bestel, kontak Toroga op WhatsApp 078 231 4705.
Lede van die plaaslike Inqua Khoi-gemeenskap wat die Kamdeboo Khoikhoi gowab |hoas, oftewel die Khoikhoi-taalbyeenkoms, van 29 tot 31 Oktober by Denver's Place in Graaff-Reinet bygewoon het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'