CRADOCK NUUS - Studente van NOK Shotokan Karate-akademie in Cradock het geskitter by die Okinawan Classic Tournament in Gqeberha op 24 Mei.
Deelnemers het die volgende toekennings huis toe gebring.
Shane de Beer: brons vir kata
Drehan Blignaut (Laerskool Cradock): goud vir kata en goud vir kumite
Adri Blignaut: brons vir kata
Jean Blignaut (Marlow Hoër Landbouskool): silwer vir kata
Die twee afrigters, Jaco Swart en Riaan van Wyk, bied klasse op Maandag- en Woensdagmiddae by Cradock Voorbereidingskool se danssaal aan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’