HUMANSDORP NUUS - Drie verdagtes (tussen 30 en 50 jaar oud) is op Dinsdag 18 November deur Humansdorp se K9-polisie-eenheid in hegtenis geneem op 'n klag van perlemoenstropery.
Die inhegtenisname het tydens 'n roetinepatrollie langs die N2 naby Jeffreysbaai plaasgevind.
Daar is terselftertyd op talle items, wat as hofbewysstukke sal dien, beslag gelê.
In die voertuig is daar 17 duikbrille, vyf flitse,17 paar duikstewels, 17 paar swemvinne, 14 rugsakke, 14 heupsakke, en 17 insteekgereedskapstukke vir die oes van perlemoen gevind.
Daar is vervolgens ook op die voertuig beslaggelê.
Die verdagtes staan tereg op aanklagte kragtens die Wet op Mariene Lewende Hulpbronne (Wet 18 van 1998) en die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite (Wet 121 van 1998), en sal eersdaags in die Humansdorp-landdroshof verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’