CRADOCK NUUS - Tydens die Cradock Saalperd Streekskou op 24 en 25 Oktober, het verskeie leerders van Gill Laerskool in Somerset-Oos uitblink-vertonings gelewer.
Hul prestasies is as volg:
Ruiters 18 jaar en onder
• Amy Hammersley-Heenan wen die Kampioen Driegang Ruiterkunsklas
Ruiters 14 jaar en onder
• Amy Hammersley-Heenan wen die SASH Kinderparkperdklas
Ruiters 10 jaar en onder
• In die Ope Stap/Draf Plesierperd/Kinderryperd behaal Magda-Mari Wilke eerste plek en Andrea Kruger tweede plek.
• Vir Ruiterkuns in die klas Ope Stap/Draf Plesierperd behaal Magda-Mari Wilke tweede plek en Andrea Kruger vierde plek.
Ruiters 8 jaar en onder
• Ope Stap/Draf Kinderryperdklas is gewen deur Sarah-Sophia Wilke, met Mieke Froehlich in die tweede plek, terwyl Dane Hammersley-Heenan 'n vierde plek behaal.
• In die Ope Stap/Draf Ruiterkunsklas het Sarah-Sophia Wilke weer 'n eerste plek behaal, met Dane Hammersley-Heenan in die derde plek en Mieke Froehlich in die vierde plek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’