JANSENVILLE NUUS - Hoërskool Jansenville se netbalspan het onlangs uitstekend gevaar toe hulle aan die Dr Beyers Naudé-netbalproewe in Graaff-Reinet deelgeneem het en 11 spelers gekies is om Dr Beyers Naudé op distrikvlak te verteenwoordig.
Die dogters het op Dinsdag 23 April aan die Sarah Baartman-proewe in Makhanda deelgeneem.
Die Sarah Baartman span het op Saterdag, 4 Mei aan die OP-proewe in Komani deelgeneem waar hulle teen die spanne van die ander Oos Kaapse distrikte meegeding het.
Teen druktyd was dit nog nie bekend wie van hierdie netbalspelers in die provinsiale span opgeneem is nie.
Die span is voor, van links Enzilique Fanella (o.12), Anastacia Joy (o.12), Othandwayo Xotyeni (o.12) en Tamrin Jansen (o.13). Agter: Joslyn Brown (o.14), Keisha Bantom (o.15), Michaela Olifant (o.15), Shelly-Ann Jansen (o.17), Dalene Liesing (o.18) en Jesmine van Sensie (o.18). Afwesig is Jolene Louw (o.15).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’