Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VDIEO - Graaff-Reinet inwoner Hanna Makoba het Sondag, 30 Augustus, 'n gebedsoptog in hierdie dorp gehou.
Inwoners kon tussen 08:00 en 10:00 in hul eie strate loop en bid.
Makoba en 'n klein groep vroue het in Asherville aan die optog deelgeneem, en ten einde op Snowdropstraat bymekaargekom vir skriflesing en gebed.
"Die Here sê ons moet van Hom eis en ons eis ons dorp terug." het Makoba aan die groep gesê. Sy het, onder andere, gebid teen die stryd van Covid-19 in die dorp, en ook vir algemene veiligheid in die dorp.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'