Gallery Video
GRAAFF-REINET NUUS - Inwoners betoog buite die Graaff-Reinet magistraatshof in ondersteuning van Raadslid, Xolile Galada, wat die tydelike interdik teen landsbesetting teenstaan.
Hierdie tydelike interdik is deur die munisipale bestuurder aangevra nadat inwoners wat jare reeds wag op behuising hul eie informele behuising uit nood begin skep het.
FOTOGALERY: Inwoners betoog buite die Graaff-Reinet magistraatshof
Inwoners van Wyk 5 is verheug dat die saak uitgestel is tot 26 Julie en dat die Munisipaliteit regsverteenwoordiging moet verskaf aan inwoners om die tydelike interdik namens die inwoners ook teen te staan.
VIDEO - Inwoners betoog teen tydelike interdik teen landsbesetting (Video: Pieter Pienaar, Graaff-Reinet Advertiser).
“Hands off Galada” is die boodskap waarmee die inwoners van Wyk 5 nou na die plaaslike ANC kantore opruk. Alles in ondersteuning van Raadslid, Xolile Galada, wat sy voet neersit om plaaslike inwoners van behuising te besorg en waarteen die munispale bestuurder ‘n tydelike interdik ingestel het. Die interdik bly geldig tot die saak 26 Julie aangehoor word.
Blik op die talle inwoners van Wyk 5 buite die Graaff Reinet Magistraatshof wat vanoggend se betoging ondersteun het. Foto's: Pieter Pienaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’