Video
KAROO NUUS EN VIDEO - Brenda Traut van Hofmeyr het op 9 November vir die vyfde keer tuisgekom en gevind dat daar weer by haar huis in Retiefstraat ingebreek is.
Dié inbrake is besig om haar tot raserny te dryf sê sy. "Hul steel elke keer al my klere, beddegoed, elektriese toebehore, kruideniersware en stroop my vrieskas. Ek is vreesbevange om na werk huis toe te gaan," sê 'n hoogs ontstelde Traut.
Volgens haar word die oortreders telkemale vasgetrek, maar is hulle minderjarig, en word hulle weer vrygelaat.
"Na elke inbraak moet ek herstelwerk laat doen en van voor af aankope doen, "waarom, sodat dit ook net weer gesteel kan word?" vra sy.
Traut werk voltyds as administratiewe beampte by Hofmeyr OVK en sê sy dat hierdie inbrake gebeur terwyl sy by die werk is en die diewe dan genoeg tyd het om in te breek.
VIDEO - Inbrake in Hofmeyr laat inwoners moedeloos (Video: Brenda Traut).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’