GRAAFF-REINET NUUS - Die afgelope week het Hoër Volkskool die jaarlikse Karoogala op tuisbodem aangebied.
Daar het 'n heerlike gees in die swembadkompleks geheers met verskillende skole wat in taai kompetisie gewikkel was.
Hoër Volkskool het baie goed gevaar.
Die uitslae is as volg:
Dogters:
- Derde plek: Gill College 92 punte
- Tweede plek: Union dogters 149 punte
- Eerste plek: Volkskool dogters 176 punte
Seuns:
- Derde plek: Marlow 101 punte
- Tweede plek: Union seuns 102 punte
- Derde plek: Volkskool seuns 198 punte.
- Die victor ludorum-beker word gedeel deur AW Lambrecht van Hoër Volkskool en Ben Lemke van UHS.
- Die victrix ludorum gaan aan Kate-Lynn Kruger van Hoër Volkskool, die enigste swemmer wat op hoërskoolvlak sommer twee rekords kon verbeter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’