GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool se junior krieketspan het onlangs teen Marlow se juniorspan gespeel op HVS se velde.
Na 'n lang dag en goeie krieket staan beide spanne op 71 lopies nadat die laaste bal geboul is.
Die beslissing van die wedstryd sou afhang van 'n superbeurt van ses balle per span.
Volkskool besluit om eerste te kolf en maak 'n kompeterende 10 lopies van hul ses balle.
Marlow kry slegs agt lopies en HVS wen dus die stryd met twee lopies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’