GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool het hierdie jaar weer baie moeite gedoen om mense in en om Graaff-Reinet meer bewus te maak van kanker.
Die leerders kon tydens Oktober pienk linte, pienk haarrekkies en pienk veters dra.
Die maand is afgesluit met 'n Jol vir Kanker wat verlede Vrydag by die skool aangebied is.
Die publiek kon ballonne koop en 'n geliefde wat tans teen kanker stry, iemand wat die stryd verloor het, of iemand wat in remissie is, se naam op die ballon skryf.
Aan die einde van die erestap het almal deur 'n ballonpaadjie geloop.
Die potjiekos-kompetisie het beoordelaars omtrent koppe laat krap en op die einde het Octofin se pot met die eerste prys weggestap.
Hulle het 'n heerlike lamsvleispot met kluitjies voorberei.
Die aand is afgesluit met 'n lekker kuier en 'n dans deur Terrence Ellis.
Die wenners van die potjiekoskompetisie was Octofin met hulle lamsvleis met kluitjies potjie. Hulle is Oosie Oosthuizen, René Oosthuizen, Rentia Oosthuizen, Alicia Williams, Hettie Zerwick en Natasha Greeff.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’