KAROO NUUS - Hoër Volkskool leerders Monique Nell en Kate-Lynn Kruger het aan die Nelson Mandela Bay Dance Festival deelgeneem.
Hierdie fees word jaarliks in Gqeberha by die Savoy-teater aangebied waar ongeveer 1 600 dansers deelneem.
Die dansers, onder leiding van me Chinelle Marais van Chinelle School of Dancing, het uitstekend gedans.
Monique stap weg met 1 goue, 3 silwer en 2 brons toekennings vir ballet, klopdans en moderne dans, terwyl Kate-Lynn 1 goud en 1 silwer vir moderne dans ontvang.
Kate-Lynn Kruger het 1 goud en 1 silwer toekenning ontvang, albei vir moderne danse.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’