JANSENVILLE NUUS - Huis Welverdiend in Jansenville het die gebruik om elke maand 'n inwoner van die maand te benoem.
Verlede maand se inwoner van die maand is op 30 April aangekondig, en vir die wenner, Deon Erasmus, was dit die spreekwoordelike kersie op die koek.
Die rede? 30 April was Deon se verjaarsdag!
"Hierdie toekenning aan Deon is spesifiek gemaak omdat hy so hulpvaardig is," sê Huis Welverdiend se bestuurder, Leoné Mulder, "en behalwe daarvoor, is ons almal by Huis Welverdiend besonder lief vir Deon!"
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’