SOMERSET-OOS NUUS - Die inwoners, personeel en beheerraad van Huis Silwerjare in Somerset-Oos het op Woensdag 28 Januarie ’n gesellige dankiesê-tee gehou vir almal wat deur 2025 hulp en bystand aan die tehuis gelewer het.
“Ons donateurs wat bygedra het tot die sukses van 2025 was ons gaste.
Ek noem hulle ons ‘engele’, want sonder skenkings en hulp sou ons nie alles vir ons inwoners kon doen wat ons wel gedoen het nie,” hetdie bestuurder van Huis Silwerjare, Riëtte Lombard, tydens die geleentheid gesê.
Na die verwelkoming het ds. Nadine Stoffels geopen met gebed.
Die donateurs is deur die beheerraad ingelig oor alle suksesse van die afgelope jaar, en die tehuis se toekomsvisie is met hul gedeel.
Groot behoeftes waarvoor daar antwoorde gesoek word, is gedeel en die nuwejaarsbeplanning is stap vir stap deurgegee.
“Huis Silwerjare is dankbaar vir almal se hulp en glo dat hierdie jaar weer met ’n positiewe uitkyk aangepak gaan word en weet dat ons weer goeie ondersteuning sal kry,” het Lombard gesê.
Die smullekker eetgoed is deur Diana du Preez en Jewel van Aardt, saam met die kombuisspan van Huis Silwerjare, gemaak.
Judy Bester en haar span in die kombuis het weer net die beste voorgesit aan elkeen wat die geleentheid kon bywoon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’