ABERDEEN NUUS - Aberdeen VLV se Augustus-vergadering het op gesondheid gefokus en die vroue het 'n witbord aan die hospitaalpersoneel oorhandig - iets waarsonder hulle tot dusver moes klaarkom. Sameroeper Karin Pienaar het gesorg vir 'n propvol dag.
Nie net is die hospitaal besoek nie, maar dierekos is ook ingesamel vir Graaff-Reinet Animal Welfare Society (Graws).
Gasspreker, dr. Lindi Kruger van Karoo Health Care in Graaff-Reinet, het vertel wat die sentrum alles bied, veral met betrekking tot vrouegesondheid.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’