Gallery
GRAAFF-REINET NUUS – Verlede Donderdag, 18 Januarie, het Laer Volkskool se prefekte uitgereik na die skool se nuwelinge tydens die skool se jaarlikse Graad 1-piekniek.
Die klomp Graad 1’tjies het almal die middag by die skool se rugbyveld bymekaar gekom waar die groep prefekte toe met hul allerhande speletjies gespeel het.
Die middag se kaskenades het die Graad 1-leerders die geleentheid gebied om op ‘n prettige wyse kennis te maak met die skool se leiers.
Die Graad 1’s het vol geesdrif en ywer deelgeneem aan die middag se aktiwiteite en is hul elkeen beloon met ‘n roomys en ‘n ysie na afloop van die speletjies.
Al die kinders saam.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'