WILLOWMORE NUUS - Die boorling van Willowmore, Gert Lötter (87), het gister, 25 April, talle ander ruiters in die eienaar-, afrigter- en vertoner afdeling uitgestof tydens die Bloem Skou.
Hy het op sy Amerikaanse Saalperd Paraders Gambler, deelgeneem.
Hy neem gewoonlik saam met sy kleinseun Bennie Lötter deel, maar Bennie kon die jaar nie deelneem nie aangesien sy perd 'n besering opgedoen het.
Bennie moes sy oupa egter steeds bystaan in die stalle, voor en na die kompetisies.
Vorige artikel: Perdry bind Oupa en kleinseun saam
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’