HOFMEYR NUUS - Hofmeyr vier vanjaar die dorp se 150ste bestaansjaar en oor die naweek van 20 tot 24 September word hierdie mylpaal met mag en mening gevier. Die dorpenaars beplan om elke aand 'n funksie in Laerskool Hofmeyr se saal aan te bied.
Laerskool Hofmeyr is in 1876 gestig, met die huidige skoolgebou wat in 1913 in gebruik geneem is.
Die skool het alle oudleerlinge uitgenooi om tydens die vieringe by die skool besoek af te lê.
Skoolhoof Hannes Meintjies, in samewerking met plaaslike oudleerders en die beheerraad, is besig om alles gereed te kry.
Behalwe herstelwerk aan die struktuur en infrastruktuur, is die personeelkamer ook herstel na 'n brand wat in 2016 erge skade veroorsaak het.
Memorabilia sal daar uitgestal word en die afgelope twee weke is die eertydse atletiek- en rugbykafee by die sportterrein ook opgeknap.
Kippie Louw, Ettienne Roux, Barend Opperman, Basie Kramer en helpers het die geboutjie herstel en eersdaags sal Laerskool Hofmeyr 'n daaglikse snoepie daar bedryf.
Daar word gewoeker by Hofmeyr Laerskool.
Hard aan die werk om die gebou te herstel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’