KAROO NUUS - Elke dorp het 'n gewilde kuierplek waar oud en jonk welkom is en waar daar heerlik gekuier word as die Springbokke speel.
Hofmeyr se sportklub, waar rolbalspelers en tennisspelers elke Saterdag byeenkom, is dié plek op Saterdagmiddae, waar daar saam met die rugby, ook burgers en bier beskikbaar is.
Lede mag gaste bring en vooraf word die telling geraai vir so 'n ekstra bietjie gees.
Verlede Saterdag se 18-12 oorwinning van die Bokke oor die All Blacks, is dienooreenkomstig gevier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’