GRAAFF-REINET NUUS - Die opgewondenheid het hoog geloop by Hoër Volkskool toe die gr. 12-uitslae gister, Vrydag 19 Januarie, bekendgemaak is.
Met ‘n slaagsyfer van 94%, 2 A-kandidate en 63 leerders wat met ‘n huppel in hul stap die toekoms betree, salueer Hoër Volkskool elkeen van die klas van 2023.
Tydens ‘n spoggeleentheid Vrydag in Oos-Londen, is HVS se toppresteerder, Zenke Enslin, ook aangewys as die topstudent in die Sarah Baartman-distrik. Enslin spog met 7 A’s en ‘n gemiddeld van 88,9%. Haar akademiese pad word by die Universiteit Kaapstad voortgesit waar sy haarself in 'n mediese rigting sal bekwaam.
Hoër Volkskool het ook by dieselfde geleentheid ‘n toekenning ontvang as een van die top presterende skole binne die Sarah Baartman-distrik.
'n Volledige verslag sal volgende week verskyn.
Hoër Volkskool se Top Presteerders uit die Matriek-klas van 2023.
Vreugde en verligting vir Hoër Volkskool se 2023 matrieks.
HVS se matrieks klink 'n glasie op hulle punte.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’