ROBERT SOBUKWE DORP NUUS - Skerp fokus en konsentrasie het vir goue oomblikke gesorg by die boogskietkompetisie wat op Saterdag 18 April by Hoër Volkskool aangebied is.
Hoër Volkskool Graaff-Reinet se leerders het met kalm selfvertroue deelgeneem en uitstekende uitslae behaal.
By die hoërskooldogters het Helen Grobbelaar ’n silwermedalje losgeskiet, met ’n uitmuntende telling van 275.
Nushaan Beyers het ook silwer verower met 275 nadat sy aan ’n uitskiet moes deelneem.
Aan die seunskant was daar puik vertonings reg deur die dag.
Michyle Mostert het ’n bronsmedalje behaal met ’n telling van 277, Gerhard Coetzee verower ’n silwer medalje met 278 en Conrad Klein behaal goud met ’n indrukwekkende 281.
In ’n verdere ronde het Eben Lötter ’n silwermedalje verower met 260, terwyl Conrad Kleyn ’n tweede goud behaal het met ’n uitstekende 264.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’