MURRAYSBURG NUUS - 'n Hele paar van Hoër Volkskool se fietsryers het Saterdag 16 Maart in perfekte weersomstandighede aan die Murraysburg Crawl deelgeneem.
Ten spyte van 'n uitdagende roete, was dit vir alle ryers uitvoerbaar. Die feestelike atmosfeer het 'n aangename ervaring vir almal betrokke geskep.
Arno Slabbert (gr. 8) het 'n eerste plek behaal in die 30 km-mansafdeling met 'n tyd van 1:13:58, en Philip le Roux (gr. 9) behaal 'n tweede plek met 'n tyd van 1:16:17.
Ritus Meiring, Hoër Volkskool-sportorganiseerder, het aan die 60 km-afdeling deelgeneem en behaal 'n algehele eerste plek met 'n goeie tyd van 2:30:23.
Xander Keyser, Hoër Volkskool se 2024-hoofseun, het ook deelgeneem, maar as offisiële fotograaf vir die dag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’