GRAAFF-REINET NUUS - Om 'n groentjie by 'n nuwe skool te wees, is al klaar 'n baie groot aanpassing, maar om as gr. 8-leerling verkies te word tot die junior leerlingraad, is 'n groot prestasie.
Mede gr. 8-leerders van Hoërskool Volkskool het dié vier leerders aangewys as leiers vir die jaar.
Die leerders het ook die toepaslike eed op Maandag 29 Januarie voor die skool afgelê.
Van links, is Chelsea Hendricks, AW Lambrechts, Arno Slabbert en Monique Nell.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’