KWADWESI NUUS - Die SAPD Kwadwesi-speurders in die noordelike voorstede van Gqeberha vra die gemeenskap se bystand nadat 'n skietvoorval eergister, 22 April, aangemeld is waarin 'n 40-jarige man dood is.
Daar word beweer dat die oorledene, Peter Baatjies, omstreeks 12:00 op die R75 in die rigting van Kwadwesi gery het toe 'n voertuig langs hom begin ry het en veelvuldige skote daaruit op hom afgevuur is.
By die kruising van die R75 en Chelseaweg het Baadjies teen 'n stilstaande vragmotor gebots. Hy is op die toneel dood.
Die motief en die verdagtes is onbekend, die ondersoek duur voort.
Kaptein Sandra Janse van Rensburg, mediawoordvoerder van die Oos-Kaapse polisie in Gqeberha, sê dat die polisie 'n beroep doen op enigiemand wat met enige inligting kan help om kapt Luvuyo Nyati by 071 362 8707 of Crime Stop by 08600 10111 of die naaste polisiestasie te kontak. Alle inligting is vertroulik, en bellers kan anoniem bly.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’