OOS-KAAP NUUS - Die derde sybokhaarveiling het op Dinsdag 16 Maart in Port Elizabeth plaasgevind en hoewel 'n groot volume sybokhaar vir hierdie veiling beskikbaar gestel is, het die prys met 14% gestyg.
OVK het weereens goed presteer en het die hoogste prys algeheel vir kleinbokkiehaar behaal. Garth Featherston van Zeekoegat Trust op Aberdeen het R848/kg gekry vir sy baal BSFFK.
OVK se Oos-Kaapse bestuurder: vesel, operasioneel en verkryging, Tink Strydom, sê OVK Bins het ook vir die derde agtereenvolgende veiling die hoogste binprys behaal met R819,10/kg vir ‘n baal BSFFK asook ‘n baal CSFFK.
"Die veilingsgemiddeld was 'n goeie R476,40/kg en het al ons produsente op die veiling, voordeel getrek."
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'