GRAAFF-REINET NUUS - Hugo Barendse, 'n bekende voëltjieboer in Cradock, se Versoeningsdag was gevul met kommer en krisis, asook 'n tikkie vrees.
Toe hy hoor hoe kwetter en dwarrel die voëltjies in sy hokke, het hy dadelik gaan loer.
"En jou waarlikwaar, daar sit die ellelange wyfie boomslang, teen die draad en binne die hok," vertel Barendse.
Gelukkig weet Barendse dat hy 'n vriend het wat hom te hulp sou snel. Dwayne de Beer van Cradock is 'n slangvanger van formaat, en hy was onmiddellik beskikbaar.
De Beer het opgedaag, gestewel en gespoor en kon blitsvinnig 'n plan maak met die glibberige kalant, wat nou maar elders sy Kersfees sal moet gaan vier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’