Update
KAROO NUUS EN VIDEO - Die afgelope week se skokkende gebeurtenis van 'n siviele ingenieur wat op 'n plaas tussen Cradock en Hofmeyr doodgesteek is, laat steeds baie vrae terwyl daar onverpoos na die vermeende moordenaar gesoek word.
Gerda Wagner, dogter van Van Niekerk, het die video van haar pa se verjaarsdag verlede jaar Februarie met die Advertiser gedeel, "Ons wil my pa onthou vir wie hy was, nie vir hoe hy dood is nie."
Wagner het verlede jaar 'n tuin in Gonubie, Oos-Londen vir haar pa aangelê en dit op sy verjaarsdag aan hom opgedra. In die video deel sy intieme boodskappe aan Van Niekerk.
VERSKAFDE VIDEO - Kyk die video hieronder
Vorige artikels:
- Soektog na verdagte in moord op van Niekerk
- Vermoorde ingenieur sou na projek aftree
- Plaasmoord tussen Hofmeyr en Cradock
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’